SPESIALE REËLS
COVID MAATREËLS WORD STRENG TOEGEPAS!!
INDIEN DAAR WEER BEPERKINGS IS TEEN DIE FEESTYD SAL DIE FEES DIGITAAL PLAASVIND!
Let wel: Hierdie afdeling is slegs vir deelnemers wat by ‘n ateljee of dramaskool ingeskryf is. ‘n Deelnemer mag nie vir items in die skole-afdeling ook inskryf nie. Inskrywings vir die skole-afdelings sal in so ‘n geval gekanselleer word.
Reëls by bepalings van inskrywingskategorieë:
- Deelnemers het die keuse tussen aanlyn en lewendige inskrywings
- By Ope afdeling moet kandidate vir 3 voorbreide items inskryf om in aanmerking te kom vir 'n trofee
- Pre-Primêre kandidate neem slegs aan die Pre-Primêre items deel
- Slegs skoolgaande kandidate kwalifiseer vir items Gr. 1 tot Gr. 12
- Alle deelnemers skryf in vir ‘n maksimum van 5 items
- Ateljees word beperk tot 5 deelnemers per item by individuele items
- Ateljees word beperk tot 6 items by voorbereide groepitems en onvoorbereide groepitems
- Graaadwenners vanaf Gr 6 - 12 sal bepaal word deur die beste gemiddeld vir gedramatiseerde items, stilstaande items en onvoorbereide items
- Twee persone per ateljee mag affilieer
Toekenning van wenners:
Kandidate wat wil kwalifiseer as wenner moet seker maak dat aan al die vereistes voldoen word.
Van Gr. 6 tot Gr. 12 word ‘n wenner en ‘n naaswenner aangewys, aan wie elkeen ‘n wisseltrofee toegeken word
- Een “Algehele Wenner Laerskool” sal uit die Groep Gr. 6 tot Gr. 7 aangewys word
- Een “Algehele Wenner Hoërskool” sal uit die Groep Gr. 8 tot Gr. 12 aangewys word
- Die Algehele Wenner sal bepaal word volgens die hoogste gemiddeld behaal vir items soos voorgeskryf
Graad 6 en 7:
Afdeling 1: Gedramatiseerde items en stilstaande items
Afdeling 2: Improvisasie of onvoorbereide mimiek
Afdeling 3: Onvoorbereide bladlees: poësie of prosa
Graad 8 tot 12:
Afdeling 1: Gedramatiseerde items en stilstaande items
Afdeling 2: Gevorderde improvisasie of onvoorbereide mimiek
Afdeling 3: Onvoorbereide bladlees: poësie of prosa
Let wel: Kandidate wat vir dié toekenning in aanmerking wil kom, moet op dieselfde dag in hulle afdeling deelneem. GEEN uitsondering sal gemaak word nie
Voordragkonsertprogram
- In volle kostuum of minimale kostumering wat die karakter/tema ondersteun
- ‘n Goed gebalanseerde program (wat betref genres, humor, drama, ens.) met die klem op verskeidenheid, ‘n deurlopende tema en wisseling moet aangebied word
- Kommentaar/skakels kan, indien nodig, deel van die program vorm
- Klankeffekte en/of musiek mag gebruik word
- Die kandidaat moet bewys lewer van veelsydigheid
- ‘n Minimum van 3 items word vereis, wat poësie, prosa en drama insluit
- Daar moet balans tussen stilstaande en gedramatiseerde items wees
- Enige tegniese hulpmiddels en dekor wat vir atmosfeer ingesluit word moet waar moontlik, tot ‘n minimum beperk word
- Die tydsbeperking vir optrede is soos aangedui, plus 5 minute ekstra vir die opstel en die verwydering van die toerusting
- Ekstra persone word toegelaat om hulp te verleen met die toerusting
- Tydsduur sal streng gekontroleer word. ‘n Kandidaat wat die tyd oorskry, sal gepenaliseer word
Toekenning van trofeë vir spesiale individuele wedstryde en groepwerk
Tydsbeperkings
Let wel: Die beoordelaars het die reg om by alle voorbereide en onvoorbereide items ‘n klokkie te lui wanneer die voorgeskrewe tyd verstreke is. Die kandidaat sal daarna nog 30 sekondes gegun word om die item af te sluit, waarna die kandidaat dan mondeling versoek sal word om die verhoog te verlaat.
By Voordragkonsertprogramme sal ‘n kandidaat wat die tyd oorskry, gepenaliseer word
Dekor, rekwisiete, musiekapparaat, rostrums
- Afrigters is verantwoordelik vir bogenoemde items
- Organiseerders aanvaar geen verantwoordelikheid vir apparate of rekwisiete van enige aard nie
- Slegs eie toerusting mag gebruik word
- Verkry gebruikstoestemming van die eienaar indien toerusting geleen moet word
- Rostrums en ateljeedrag moet duidelik gemerk wees
- Geen oop vlamme mag as deel van enige program gebruik word nie (bv. kersvlammetjies). Dit word deur munisipale regulasies verbied
- Kleedkamers moet netjies en skoon agtergelaat word
- Tydens individuele werk mag dekorplasing en dekorverwydering nie langer as 5 minute duur nie
Onttrekkings en botsende datums
- Ruilings as gevolg van botsing met sport/ander afdelings van die Eisteddfod sal slegs op dieselfde dag gedoen word
'n Kandidaat wat vir enige toekenning in aanmerking wil kom, moet op dieselfde dag in sy/haar afdeling deelneem. GEEN uitsondering sal gemaak word nie
Inhandiging van afskrifte van voorbereide items
- Vir voorbereide groepwerk, met die uitsondering van samesprake, moet ‘n opsomming van die program direk voor die aanvang van die item aan die tafelbeampte oorhandig word
- Afskrifte van die Hoërskool Poësie MOET by die tafel ingehandig word
- Afskrifte van ander individuele items word nie benodig nie, behalwe in die geval van voordragkonsertprogramme wat net voor die aanvang van die item by die tafel ingehandig moet word. Alle opsommings en tekste sal saam met die verslag en sertifikaat aan die kandidaat teruggegee word
Kleredrag
Skoolklere is toelaatbaar by stilstaande items. Dramadrag vir alle ander items
Meisies se toelaatbare drag: Swart leotard, voetlose “tights”, swart rompie (middelkuit), swart sweetpakbroek met swart bloes, T-hemp of truitjie (geen middellyn mag wys nie) kaalvoet of met swart tekkies. GEEN juwele of naellak toegelaat nie. Hare netjies weggebind en uit oë weggesteek
Seuns se toelaatbare drag: Swart T-hemp, swart kortbroek of sweetpakbroek en kaalvoet of swart tekkies. Geen horlosies word toegelaat nie
Kleurbaadjies en sweetpaktoppe (van skole en ateljees) is toelaatbaar as die weer dit noodsaak
Keuse van items
‘n Kandidaat mag nie dieselfde werk in meer as een kategorie van ‘n afdeling lewer nie
Geen deelnemer mag in twee agtereenvolgende jare dieselfde werk lewer nie
Sertifikate vir groepitems
Indien deelnemers aan ‘n groepitem (duo/trio voordragprogram ingesluit) individuele sertifikate wil ontvang, moet die name op die inskrywingsvorm aangedui word